
Die Geïllustreerde Bybelhandboek (Hardeband)
Qty:
Een manier om die Bybel te ontdek is om die antieke wêreld te bestudeer – sy kulture, gebruike en geskiedenis. Die geïllustreerde Bybelhandboek is ’n waardevolle gids wat lesers sal help om die Bybel en die wêreld waarin dit geskryf is beter te verstaan.
Die geïllustreerde Bybelhandboek bied die nuutste Bybelnavorsing in ’n formaat wat maklik leesbaar en verstaanbaar is. Die Bybel word boek vir boek ontsluit met honderde volkleur-illustrasies, kaarte en foto’s. Daar is meer as 100 indiepte-artikels oor ’n verskeidenheid Bybelse onderwerpe. Lesers sal ontdek hoe elke deel van die Bybel by die res van die Bybel inpas en dit toelig.
Geen naslaan-rak sal volledig wees sonder hierdie handboek vir die Bybel nie.